Swanger Elana kry kinders aan die oefen

KAAPSTAD. – Sy is amper sewe maande swanger, maar dit het Elana Meyer, Suid-Afrika se bekende langafstandatleet, nie gekeer om’n kort landloopproete saam met die leerders van die Rietenbosch Primere Skool te draf nie.

Meyer is die uitvoerende hoof van die JAG-stigting vir sport en opvoedkunde, wat buitemuurse hardloop-programme in arm gemeenskappe regoor Suid-Afrika bekend wil stel.

Gister het die meer as 500 leerders, van graad R tot gr. 7 van die laerskool in Cloetesville by Stellenbosch, almal die geleentheid gekry om een kilometer te draf.

Die doel van Mighty Meters, die program wat gister bekend gestel is, is om kinders aan te moedig om `n meer aktiewe en gesonde lewenstyl te handhaaf.
“vandat daar nie meer `n vorm van liggaamsopvoeding in skole aangebied word nie, het kinders `al meer onaktief geword.

“Nou het hulle die geleentheid om twee of drie keer per week een kilometer af te le. Vir elke 10 kilometer wat hulle afle, word hulle beloon met `n sertifikaat, potloodsakkie, T-hemp, ens.”

Volgens Meyer sal van die kinders hopelik die afstand van vier tot ses marathons in `n jaar afle.

“Ons verwag nie van elke leerder om `n atleet te wees nie. Ons wil graag net die waardes wat sport `n mens kan leer, aan hulle oordra. Ons wil aan hulle wys dat jy kan bereik wat jy wil bereik indien jy bereid is om hard te werk.”

Die skoolhoof, mnr. Roy van Rooyen, het gese hierdie program sluit aan by die skool se visie vir die leerders om liggaamlik, verstandelik en geestelik te groei en te ontwikkel.

“Die meeste van hierdie kinders kom uit `n omgewing waar daar nie baie stimulering is nie, en hier die program bide vir hulle `n geleentheid.”

Van die leerders het gese die program sal kinders moontlik leer om weg te bly van dwelms, om nie mammies te word nie”.

Daar is egter een mammie, Meyer, wat nog baie opgewonde is oor haar eersteling. Ma en kind is albei gesond.

“Ek draf nog die meeste van die dae. Hardloop is so deel van my lewe soos tandeborsel. Die pas is egter baie stadiger en daar word veral teen die bulte op baie gekreun!”

Meyer se sy en haar verloofde, mnr Jacques Jansen van Renburg (39), beplan om in Maart of April volgende jaar te trou.

Elana Meyer draf saam met die leerders van die Rietenbosch Primere Skool.

Source: Die Burger, 20 June 2007
Author: Pia Nanny

Contact Information:

info@jagfoundation.com
0027 021 7027880

<< Back